Stoep Stories No 13

Go Back

Tuesday, 13th May 2014

EKKLESIASTIESE SILWER

STOEP STORIES - TALES FROM THE KAROO
Published by the Graaff-Reinet Heritage Society 

Deur Johann van Zijl

By kans 30 jaar gelede toe Prof. Trumpelmann Graaff – Reinet besoek het het hy gese die Grootkerk besit die beste versameling Kaapse kerklike silwer in die land. Onder  die versameling was die beste voorbeelde van die werk van Lotter en Combrinck. Uitstaande onder hierdie smede se werk is die silwer nagmaalbekers met blaarontwerp buite om en verguld binne. Wie was hierdie twee silwersmede? Johannes Casperus Lotter (1768 – 1824) was een van die afstammeling van die ou stamvader Matthias Lotter wat in 1734 uit Augsburg in Suid – Duitsland na Suid –Afrika gekon het.

Matthias was ‘n silwersmid van beroep hy het vir ‘n jaar vir die VOC gewerk voordat hy in 1735 ‘n vryburger geword het.  Uit sy huwelik met Anna van den Berg is twee dogters en vier seuns gebore. Een  van die seuns was Johannes Casparus en die silwersmid in 1768 gebore is na hom vernoem.

Van Johannes Combrinck gebruik die plaaslike NG kerk vandag nog die swaar doopvont. Hierdie silwersmid is in 1810 gebore en is vroeg op 43 jarige ouderdom oorlede

© Graaff Reinet Tourism - 2024 | Links | List / Manage Your Business | Stoep Stories No 13

Website Design and Search Engine Optimisation (SEO) by ZAWebs Designs | Web Hosting by ZAWebs Hosting