Stoep Stories No 8

Go Back

Thursday, 8th May 2014

Stoep Stories - Tales from the Karoo
Published by the Graaff-Reinet Heritage Society 

Die Plasketstraters.

Die stook van ‘withond’ (brandewyn) op Graaff – Reinet in vervloe dae word wyd oor geromantiseer.

Elke tuinier wes van Cradockstraat het nie soos die stories gaan, gestook nie. Maar daar was manne van Plasketstraat wyd bekend vir hulle deelname aan hierdie onwettige bedryf.

Aan die bopunt van die straat was Hendrik en later Roelf (Withuis) Jansen wie se erf op sy beurt deur Kerneels Erasmus oorgeneem is. Dan was daar Dirk Olivier waar Arther Kingwill House vandag staan wat later getrek het na waar Op die Oewer vandag is en Doors Els wat in die vyftigerjare nog sy woonreg uitgehou het net langs die Hoer Volkskool se musiekkamers. Verder suid het gewoon Krisjan Olivier en langs hom Izak Muller (pa van Gieter) regoor waar middelstraat doodloop teen Volkskool se sportgrond.

Hierdie eienaars het almal grond besit wat voordeel getrek het uit die dubblestroom water wat in Plasketstraat afgeloop het. Dit was hierdie gronde wat Andries Stockentroom (junior) eens op tyd besit het toe hy die water van die dorp verdeel het ‘n dubbele leistroom toegeken het. Meeste van hierdie Plasketstraters se grond is met verloop van tyd opgekoop Om Union High en Hoer Volkskool te huisves.

Heel aan die suidpunt van Donkinstraat was Boeta Olivier en verder op Willem Steynberg, Piet Dames en Dappies van Heerden wat op Nr.41 gestook het. Hendrik Olivier op die hoek van Middelstraat en Freek Nel op Nr.63 Donkinstraat was deel van hierdie geeerde geselskap.