Jennifer Zamudio - Graaff-Reinet

Go Back

Date: Thursday, 4th April 2019
Time: 20:00

Pioneers Bied Aan: Jennifer Zamudio

Jennifer Zamudio het reeds die kuns bemeester om met liefdes lirieke te toor en harte te bekoor. Sy doen dit met oorgawe in 2019 met haar vertoning MEERASLIEFDE. Die vertoning is so in Jennifer se kraal, en bestaan uit ‘n stewige versameling liefdes liedjies wat strek oor haar twaalf albums en 18 jaar in die Afrikaanse Musiekbedryf. Sy doen dit gewis weer met haar spontane & pittige verhoogpersoonlikheid wat menige konsertganger laat skater van plesier. Daarmee saam is haar warm sielvolle stem en haar vernuftigheid op die kitaar ‘n absolute wen kombinasie.
Hierdie vertoning is ‘n bewys daarvan dat liefde is ‘n gevoel wat jy voel wanneer jy voel dat jy voel ‘n gevoel  wat jy nog nooit vantevore gevoel het nie. Met dit gesê, is daar immers nie ‘n kans vir net stil sit en luister nie – jy kan verseker wees dat jy op jou voete gaan wees aan die einde van die aand/middag.
MEERASLIEFDE is ‘n +-80 minute vertoning volgepak met van haar grootstes en gewildstes en is bedoel vir oud en jonk wat reg is vir ‘n aand of middag gevul met MEERASLIEFDE.
Maak seker jy bespreek vroegtydig vir MEERASLIEFDE!

4 April 2019 @ 20:00 Pioneers Restaurant, 3 Parsonage Street, Graaff-Reinet

Cost: R100 per person

Reservations: 049 892 6059 / 084 433 0612 / 084 515 1021

© Graaff Reinet Tourism - 2019 | Links | List / Manage Your Business | Jennifer Zamudio - Graaff-Reinet

Website Design and Search Engine Optimisation (SEO) by ZAWebs Designs | Web Hosting by ZAWebs Hosting